Eiland Spa

Hartenbos Seefront

Klein-Kariba herontwikkeling

Eiland Spa Akkommodasie

Akkommodasie*

ATKV-Eiland Spa maak voorsiening vir almal se akkommodasiesmaak, alles teen ’n klassieke bosveldagtergrond. Alle eenhede is selfsorg. Alhoewel linne en handdoeke elke vierde nag geruil word, word die eenhede nie gediens nie. Elke eenheid is gemeubileer, volledig toegerus met lugversorging, braai-area en DSTV.

Jeugtuiste

Die jeugtuiste kan 88 persone akkommodeer en is perfek vir enige skool- of kerkgroep. Die tuiste bestaan uit twee vleuels met badkamers en kamers vir onderwysers of toesighouers. Dit bestaan verder uit ’n goed-toegeruste kombuis en ’n eet- of vergaderarea met ’n braaiplek en opwasgeriewe aan die buitekant. Al die fasiliteite van die oord is tot beskikking vir die inwoners van die jeugtuiste.

Rondawels

Driestergegradeerde, lugversorgde eenhede wat 2 tot 6 mense kan huisves.
2-Bed Rondawel (Luuks)
4-6 Bed Rondawel (Luuks)
4-Bed Rondawel (Luuks)
2-4 Bed Rondawel

Woonwa- en kampeerterrein

Woonwa- en kampeerterrein toegerus met kragpunte en gerieflike ablusieblokke.
Kampering

Tariewe

Klik hier vir ’n meer volledige beskrywing van die verskillende akkommodasie-opsies en -tariewe.

 

* Weens opgraderings wat in die laaste jaar op verskeie akkommodasie-eenhede aangebring is, mag dit wees dat die beskrywings en foto’s van eenhede verskil van mekaar en ook verskil van die beskrywing op die tariefkaart. Ons is besig met die bywerking van die tariefkaarte sowel as die foto’s en beskrywings en poog om dit so spoedig moontlik op die webwerf te laai. Ons sê byvoorbaat dankie vir u geduld in die verband. Indien daar enige onsekerheid is oor ‘n akkommodasie-eenheid se beskrywing, fasiliteite en gepaardgaande foto’s, is u welkom om die betrokke oord te skakel of ons sentrale besprekingskantoor op 011 919 9092.