Eiland Spa

Hartenbos Seefront

Klein-Kariba herontwikkeling

Eiland Spa Konferensies

Konferensies

Ons heet u hartlik welkom

Suid-Afrika met sy natuurskoon bied 'n weelde van besienswaardighede wat verdien om soveel as moontlik verken en geniet te word. Die ATKV het die ideale oplossing: sewe ongeëwenaarde oorde oor die hele land geleë by 'n magdom kultuurskatte, erfenisterreine en ander opwindende besienswaardighede, en beskikbaar teen bekostigbare tariewe. Hierdie uitsoekoorde is veilig, behoorlik beskerm en pragtig geleë, en is ideaal om van u konferensie 'n professionele sukses te maak.

Egte gasvryheid in die hart van die Bosveld

ATKV -Eiland Spa, ’n uitmuntende oord in die Limpopo-provinsie, bied aan kongresgangers ’n bekoorlike Bosveld-uitvlug. Met vyf lugversorgde konferensielokale van verskillende groottes kan ons tot 250 kongresgangers akkommodeer. Kongresgangers kan vanaf Sondagaande tot Vrydagnamiddae geakkommodeer word. ’n Ervare, toegewyde span sal u vir die duur van die hele konferensie bystaan en om seker te maak dat al die reëlings glad verloop. U unieke vereistes sal deurgaans die hoogste voorkeur geniet en daar sal beslis aan u verwagtinge voldoen word – trouens, ons sal hulle ver oortref.
 

Konferensie Brosjure

 

Feiteblad


 

 

Besprekingsversoek

Terme en Voorwaardes

Kontakbesonderhede

Akkommodasie verlang

Watter tipe akkommodasie verlang? (eerste keuse)

Watter tipe akkommodasie verlang? (tweede keuse)

Aankomsdatums (eerste keuse)