Eiland Spa

Hartenbos Seefront

Klein-Kariba herontwikkeling

Eiland Spa Meer Oor Ons

Meer Oor Ons

Ontspan en geniet ware gasvryheid by ons toevlugsoord in die Limpopo.

Op die suidelike oewer van die Letabarivier slegs 68 km oos van Tzaneen in die Limpopoprovinsie, lê ATKV-Eiland Spa in die hartjie van die Hans Merensky-natuurreservaat.

Eiland Spa spog heeljaar met warm, sonnige weer en saam met die uiteenlopende natuurskoon is hierdie oord een van die gewildstes in Suid-Afrika. Met ’n verskeidenheid selfsorg-akkommodasie, ontspanningsgeriewe en -aktiwiteite, restaurant, asook ’n helende hidro-spa is ATKV-Eiland Spa die ideale plek vir die hele gesin om te kom ontspan.

Die rustige kalmte en vreedsame stilte van die omgewing skep die ideale atmosfeer vir positiewe en verbeeldingryke besigheidsbeplanning en spanbou.

Wenner in die AA Travel Guide/American Express-akkommodasietoekennings vir die kategorie: Groot selfsorgoorde in Suid-Afrika.

Promosies

Lentepromosie

 

Kamp-Kompetisie

Volg ATKV-Eiland Spa op Facebook (druk die LIKE-knoppie!) en staan ‘n kans om een van 2 kampeer-staanplekke vir die Oktober-skoolvakansie te wen, ter waarde van R4 950 elk. Die kompetisie begin 5 September en eindig 16 September. Skakel 015 386 8000 vir navrae. Die prys sluit slegs die staanplek in, vervoer, etes en enige ander kostes is vir die wenner se eie rekening. Die prys kan nie vir kontant omgeruil word nie. Die wenner sal ewekansig gekies word uit die deelnemers wat die Eiland Spa Facebook-blad Like. Die prys moet opgeneem word vanaf 30 September tot 8 Oktober en geen ander datums sal oorweeg word nie. Alle bestaande bepalings en voorwaardes geld en kan gevind word op www.atkvoorde.co.za.

 

Toekennings