Goudini Spa

Hartenbos Seefront

Klein-Kariba herontwikkeling

Goudini Spa Konferensies

Konferensies

Ons heet u hartlik welkom

Suid-Afrika met sy natuurskoon bied 'n weelde van besienswaardighede wat verdien om soveel as moontlik verken en geniet te word. Die ATKV het die ideale oplossing: sewe ongeëwenaarde oorde oor die hele land geleë by 'n magdom kultuurskatte, erfenisterreine en ander opwindende besienswaardighede, en beskikbaar teen bekostigbare tariewe. Hierdie uitsoekoorde is veilig, behoorlik beskerm en pragtig geleë, en is ideaal om van u konferensie 'n professionele sukses te maak.
 

Egte gasvryheid in die hart van die Boland

ATKV-Goudini Spa is geleë in die hartjie van die Bolandse berge langs Roete 62 - die mees uitgebreide en diverse wynroete in die wêreld. Hierdie unieke Boland-paradys is net 'n uur se ry van Kaapstad af, wat meebring dat dit die perfekte geleentheid bied om weg te breek van die gejaagdheid en lawaai van die groot stad.

ATKV-Goudini Spa het nege ruim, goed toegeruste konferensielokale wat van 10 tot 800 kongresgangers kan akkommodeer.

Alle lokale is standaard toegerus met lugversorging vir die gerief van u kongresgangers. Die kroonjuweel van ons oord - die splinternuwe Slanghoek-konferensiesentrum, is geopen en is gereed vir die aanbieding van vyfster-konferensies.

Die konferensiesentrum het sy eie restaurant met 'n asemrowende uitsig oor die omringende natuurtonele!
 

Konferensie Brosjure

 

Feiteblad

 

 

Besprekingsversoek

Terme en Voorwaardes

Kontakbesonderhede

Akkommodasie verlang

Watter tipe akkommodasie verlang? (eerste keuse)

Watter tipe akkommodasie verlang? (tweede keuse)

Aankomsdatums (eerste keuse)