Goudini Spa

Hartenbos Seefront

Klein-Kariba herontwikkeling

Goudini Spa Meer Oor Ons

Meer Oor Ons

Geniet borrelende pret in die Wes-Kaap!

Skaars ’n uur van Kaapstad in die hartjie van die Bolandse berge lê ATKV-Goudini Spa met sy helende mineraalbaddens en te veel pretdinge om in een vakansie in te pas.

ATKV-Goudini Spa se verskeidenheid selfsorgakkommodasie, vermaak en ontspanningsgeriewe sal selfs die kieskeurigste vakansieganger gelukkig maak. Ons oord lê op die beroemde Roete 62, die grootste en uiteenlopendste wynroete ter wêreld. Daar is dus oorgenoeg om selfs die nuuskierigste avonturier tevrede te stel!

ATKV-Goudini Spa beskik oor uitstaande konferensiefasiliteite wat tot 800 konferensiegangers kan huisves. Ook die ideale keuse vir ’n perfekte huweliksonthaal.

Promosies

Lentepromosie

 

Goudini Spa Lentepromosie bepalings en voorwaardes

  1. Promosies is nie van toepassing op bestaande besprekings nie.
  2. Promosies is net van toepassing op standaardtariewe.
  3. Promosies is geldig van Sondag tot Donderdagaand.
  4. Naweke, langnaweke en skoolvakansies word uitgesluit by promosies.
  5. Slegs een eenheid mag vir ’n  promosie bespreek word. Gewone tariewe geld vir meer as een eenheid.
  6. Promosies is onderhewig aan beskikbaarheid.
  7. ATKV-Goudini Spa behou die reg voor om promosies sonder kennisgewing te staak.

 

 

Toekennings