Hartenbos

Hartenbos Seefront

Klein-Kariba herontwikkeling

Hartenbos Kaart

Kaart

Om die kaart in PDF formaat oop te maak, klik hier

Vir ’n uitleg van die werfkaart, klik hier

Vir ’n uitleg van die oordplan, klik hier

GPS koördinate en kaart

34º07ˊ32.28˝ S / 22º07ˊ05.16″ E

Padaanwysings

Van Port Elizabeth en George lughawe

Neem die N2 na Kaapstad en net na die Kleinbrakrivier sal jy die ATKV-inligtingsbord aan die linkerkant van die pad sien. Neem die afdraai na links en ry tot by die T-aansluiting. Draai links by die stop en ry onderdeur die brug tot by die volgende T-aansluiting. Draai links by hierdie stop na ATKV-Hartenbos en neem die afdraai links by die volgende T-aansluiting. Gaan oor die brug tot by die verkeerslig by die Engen vulstasie. Draai links by die verkeerslig en ry tot by die eerste 4-rigtingstop. Gaan oor die stop en aan die linkerkant sal jy die bord van ATKV-Hartenbos Strandoord se kantoor sien.  

Van Kaapstad

Neem die N2 na Port Elizabeth. By die Voorbaai-afdraai in Mosselbaai sal jy die ATKV-inligtingsbord aan die linkerkant van die pad sien. Neem die afdraai na links en ry tot by die T-aansluiting. By die stop draai jy links. Ry dan tot by die eerste verkeerslig (Langeberg Mall). Draai links by die verkeerslig en ry verby die Shell Truck Port aan jou linkerkant. Gaan oor twee verkeersligte en draai regs by die derde verkeerslig by die Engen vulstasie. Ry tot by die eerste 4-rigtingstop. Gaan oor die stop en aan die linkerkant sal jy die bord van ATKV-Hartenbos Strandoord se kantoor sien.