Hartenbos

Hartenbos Seefront

Klein-Kariba herontwikkeling

Hartenbos Meer Oor Ons

Meer Oor Ons

ATKV-Hartenbos lê op die wêreldbekende Tuinroete tussen Kaapstad en Port Elizabeth, ongeveer 8 km van Mosselbaai en 40 km van George-lughawe.

Sakpas-gesinsvakansies by die see is moontlik met ATKV-Hartenbos se verskillende akkommodasieopsies waar jy per eenheid en nie per persoon betaal nie. Voeg hierby ’n magdom aktiwiteite en ontspanningsgeriewe, ’n restaurant, kitskos-afdeling en geriefswinkel en jy het alles wat jou hart begeer. Ook die ideale basis vanwaar mens jou vakansie verder kan inkleur met besoeke aan talle toeriste-aantreklikhede in die omgewing.

Met konferensiefasiliteite wat groepe van tot 1 000 persone kan huisves, is ATKV-Hartenbos die perfekte keuse vir ’n inspirerende konferensie.

Semifinalis in die AA Travel Guide/American Express-akkommodasietoekennings vir die kategorie: Groot selfsorgoorde in Suid-Afrika.

Promosies

Lentepromosie

 

Hartenbos Lentepromosie bepalings en voorwaardes

  1. Die promosie geld vir alle verblyfeenhede, maar slegs vir kampeerplekke wat nie ’n seeuitsig het nie.
  2. Die vyf dae en twee nagte gratis geld vir al die eenhede en kampeerplekke.

 

Toekennings