Hartenbos

Hartenbos Meer Oor Ons

Meer Oor Ons

ATKV-Hartenbos lê op die wêreldbekende Tuinroete tussen Kaapstad en Port Elizabeth, ongeveer 8 km van Mosselbaai en 40 km van George-lughawe.
Sakpas-gesinsvakansies by die see is moontlik met ATKV-Hartenbos se verskillende akkommodasieopsies waar jy per eenheid en nie per persoon betaal nie. Voeg hierby ’n magdom aktiwiteite en ontspanningsgeriewe, ’n restaurant, kitskos-afdeling en geriefswinkel en jy het alles wat jou hart begeer. Ook die ideale basis vanwaar mens jou vakansie verder kan inkleur met besoeke aan talle toeriste-aantreklikhede in die omgewing.

Met konferensiefasiliteite wat groepe van tot 1 000 persone kan huisves, is ATKV-Hartenbos die perfekte keuse vir ’n inspirerende konferensie.
Semifinalis in die AA Travel Guide/American Express-akkommodasietoekennings vir die kategorie: Groot selfsorgoorde in Suid-Afrika.