Klein-Kariba

Hartenbos Seefront

Klein-Kariba herontwikkeling

Klein-Kariba - Meer Oor Ons

Meer Oor Ons

Sowat negentig minute van Johannesburg, net buite Bela-Bela, sprankel ATKV-Klein-Kariba in een van die Waterberge se mooiste klowe.

Hierdie pragoord bied ’n wye verskeidenheid akkommodasie met egte Bosveld-gasvryheid.

’n Magdom aktiwiteite, ontspanningsgeriewe en fasiliteite soos ’n restaurant, kitskos-afdeling en ’n goed-toegeruste winkel verseker dat gaste nie een ongerieflike oomblik beleef nie. Boonop lê ons op die Bosveld-toeristeroete wat ’n ideale basis is vir verskillende dagtoere.

Met moderne fasiliteite vir groepe van tot 700 bied ATKV-Klein-Kariba se rustigheid en vreedsame stilte die perfekte atmosfeer vir positiewe en verbeeldingryke besigheidsbeplanning en konferensies.

Of kom maak jou droomtroue waar in ons eie klipkapel met ’n betowerende waterval- of bostroue.

ATKV-Klein-Kariba –ware gasvryheid by die juweel van die Bosveld!

Promosies

Lentepromosie

 

 

Toekennings