Klein-Kariba

Hartenbos Seefront

Klein-Kariba herontwikkeling

Klein-Kariba - Troues

Troue

Kom hou bruilof-inni-bos

’n Onvergeetlike bosveldtroue….

Dink aan een van die mooiste klowe in die Waterberg, omring deur groen bome, waterstrome en bosveld voëls. Julle is op pad na ‘n pragtige klipkapel vir jul mooiste dag. Na die seremonie bederf ons restaurant die geselskap met die keurigste spyseniering in een van ons pragtige onthaalsale.

En deur alles gee ons puik diens en kwaliteit-kombinasies julle die geleentheid én die gemoedsrus om terug te sit en te ontspan in die wete dat ons alles doen om jul troudagdroom te bewaarheid.

Wat julle kry…

Puik pakkette!

Troukoördineerder

Amorie Seegers
Tel.: +27 (14) 736-9840
Faks: +27 (14) 736-4935
E-pos: amories@atkv.org.za

 

 

ATKV-Oorde Trou-insetsel