Natalia

Hartenbos Seefront

Klein-Kariba herontwikkeling

Natalia - Konferensies

Konferensies

Ons heet u hartlik welkom

Suid-Afrika met sy natuurskoon bied 'n weelde van besienswaardighede wat verdien om soveel as moontlik verken en geniet te word. Die ATKV het die ideale oplossing: sewe ongeëwenaarde oorde oor die hele land geleë by 'n magdom kultuurskatte, erfenisterreine en ander opwindende besienswaardighede, en beskikbaar teen bekostigbare tariewe. Hierdie uitsoekoorde is veilig, behoorlik beskerm en pragtig geleë, en is ideaal om van u konferensie 'n professionele sukses te maak.
 

Egte gasvryheid by die see

Natalia strandoord is slegs 40 kilometer suid van Durban geleë en wag op u om u voetspore in sy silwer sand te laat en in te duik in sy helderblou, louwarm water – ’n paradys met sagte weer die hele jaar deur. Hierdie bestemming, net ’n klipgooi van talle opwindende en interessante toeristebesienswaardighede, sal u vakansie verander in ’n ontdekkingsavontuur.

Die stilte en rustigheid by Natalia bied die perfekte agtergrond vir geslaagde konferensies en stimulerende spanbouprogramme. Ons beskik oor moderne geriewe vir groepe van tot 300 persone, asook uitstekende akkommodasie en spyseniering uit die boonste rakke. Met ’n ervare konferensiespan wat seker maak dat niks verkeerd gaan nie en dat aan al u behoeftes voldoen word, sal u al u energie aan kreatiewe en innoverende denke kan wy.

Konferensie Brosjure

Feiteblad

 

 

 

Besprekingsversoek

Terme en Voorwaardes

Kontakbesonderhede

Akkommodasie verlang

Watter tipe akkommodasie verlang? (eerste keuse)

Watter tipe akkommodasie verlang? (tweede keuse)

Aankomsdatums (eerste keuse)