Skip to the content

Sewe ATKV-oorde in die palm van jou hand

Die afgelope ses maande het ons en ons vennote hard gewerk aan die ontwikkeling van ’n toepassing vir die ATKV-oorde wat jy as gas en besoeker waardevol sal vind. Ons is baie bly om as die eerste fase van ons ontwikkelingsplan ’n toepassing aan jou te bied met inligting oor die ATKV se vakansieoorde en wat jou in staat stel om na die oordkaarte en die oorde se vakansiepgrogramme te kyk wat jaarliks op spesifieke tye aangebied word. Jy sal ook nuttige inligting ontvang van die oord waar jy vakansie hou.

Terwyl ons op die oomblik stap vir stap vorder en graag terugvoer wil ontvang oor dit wat ons tot dusver geskep het, is ons baie opgewonde oor meer funksies wat ons binnekort beskikbaar sal stel. Dit sluit in:

  • ’n Funksie waarmee jy etes van die oorde se restaurante af kan bestel vir aflewering by jou eenheid of kampeerplek.
  • ’n Funksie waarmee jy items van die oorde se geriefswinkels af kan bestel vir aflewering tydens jou verblyf. Items sal ook voor jou aankoms by jou eenheid of kampeerplek afgelewer kan word sodat alles daar is wanneer jy jou blyplek binnestap.
  • ’n Funksie waarmee jy besprekings deur middel van jou toepassing kan maak vir jou volgende vakansie of naweekwegbreek.
  • Navigeerbare kaarte sodat jy nooit hoef te wonder waar jou eenheid, kampeerplek of ’n fasiliteit is nie.
  • Integrasie met sosiale media sodat jy jou lekkerste vakansieoomblikke met behulp van die toepassing kan deel met die sosiale netwerk van jou keuse.
  • Ons beoog ook om later uitgebreide realiteitspeletjies en aktiwiteite vir die hele familie by te voeg met die kans om opwindende pryse te wen gedurende jou verblyf by ’n ATKV-oord.

Baie dankie vir die tyd wat bestee is om die toepassing af te laai. Soos genoem, wil ons baie graag terugvoer hê oor die eerste vrystelling van die toepassing. Laat weet ook watter toevoeging(s) tot die toepassing jy graag in die toekoms sal wil hê en ons kyk of ons daaraan kan voldoen. Laat asseblief jou terugvoer in die Play Store of App Store, stuur ’n e-pos na oordedigitaal@atkv.org.za of stuur dit met Facebook Messenger.

Jy kan die Play Store-toepassing vir Android hier kry:
https://play.google.com/store/apps/details?id=com.curo.atkv&hl=en_US

Klik hier om die iOS-weergawe vir Apple iPhones af te laai:
https://itunes.apple.com/us/app/atkv-oorde/id1362523926?ls=1&mt=8