Skip to the content
Studentejol

ATKV-Oorde maak die JOL vol!

StudenteJOL is beslis ‘n vakansie wat jy nié kan misloop nie! Elke jaar kom sowat 1200 matrieks en studente regoor Suid-Afrika, na twee van ons spogoorde, ATKV-Klein-Kariba en ATKV-Hartenbos om saam te kuier!

ATKV-Klein-Kariba bied StudenteJOL al sedert 2009 aan en ATKV-Hartenbos vanaf Desember 2018. Studente kan die einde van hul skoolloopbaan saam met vriende kom vier en kom skoene uitskop ná al die swoeg en sweet van die eindeksamen!

ATKV-Klein-Kariba bied ‘n gebalanseerde vermaakprogram aan en almal kan deel in die pret. Sterkman, Mej StudenteJOL, en raakrugby is een van die vele aktiwiteite wat by aangebied word. Verskeie verblyfopsies is op albei oorde beskikbaar en sorg vir ‘n heerlike blaaskans. 

Ouers kan met ‘n geruste hart weet dat hul kinders nie net ‘n fees by StudenteJOL gaan hê nie, maar dat hul ook in ‘n veilige omgewing sal wees. “By ATKV-Klein-Kariba is ons studente se veiligheid ons grootste prioriteit! Ons het personeel wat 24-uur aan diens is om na die veiligheid van die studente om te sien. Ons laat in dié tydperk geen dagbesoekers in nie om te verseker dat daar kontroles is van wie op die oord is”, vertel Riaan Maritz, Bemarkingsbestuurder van ATKV-Klein-Kariba. “Ons verseker dat elke element van StudenteJOL in plek is en aan nasionale veiligheidstandaarde voldoen. Ons mikpunt is om aan elke student die beste en lekkerste vakansie van hul lewe te bied!”.

Ian Hawkesley, Vermaak-koordineerder by ATKV-Hartenbos is van mening dat Hartenbos die ideale plek is om matriekvakansie te hou. “Behalwe vir die lekker musiek wat ons speel en die saam kuier, woon al die studente binne stapafstand van alles wat hul benodig, daarom hoef studente nie te bestuur om by plekke uit te kom nie. Alles is sommer naby”.

Natuurlik is daar ‘n paar optredes wat elke jaar plaasvind deur bekende kunstenaars. Snotkop, Biggy en Spoegwolf was ondermeer by StudenteJOL 2019 en dit was verseker een van die vele hoogtepunte wat studente kon geniet het. “Hier by StudenteJOL is dit ‘n absolute fees. Ons kuier almal saam, ons maak nuwe vriende en loop ou vriende weer raak”, vertel Maruake du Preez en Jacolene du Preez, ‘n tweeling van Boksburg wat die JOL by ATKV-Klein-Kariba bygewoon het.  

“StudenteJOL was ‘n ongelooflike ervaring en die vibe is amazing, ek sal vir altyd die herinneringe van dié vakansie onthou”, vertel Wian van Tonder wat hierdie jaar Onderwys aan die Universiteit van Pretoria gaan studeer. 

 

Live music
Man performing at studentejol
Matric students enjoying Studentejol
Girls in the pool
Friends in the pool

Wil jy kom saam JOL dié jaar? Besoek gerus ons webtuiste vir meer inligting. Sien jou by StudenteJOL 2020!