Skip to the content

SSSSSLANG! Wees ingelig en voorbereid

In ons nuwe maandeliks rubriek, gaan loer ons na verskillende slange waarvoor vakansiegangers op die uitkyk moet wees by ATKV-oorde…

 

 

Nou kyk - daar is soveel mites wat oor ons glibberige vriende bestaan: "Jy sal nooit vir ’n Swart Mamba kan weghardloop nie!" en "die vroue in Natal dra mandjies op hul koppe want die Boomslange pik hulle vanuit die takke as hul op die voetpadjies deur die heuwels loop!" Die beste een is natuurlik die mense wat beweer dat sommige slange aan hulle sterte byt, en summier soos ’n wiel rol om te kom waar hulle wil wees…

 

Al die mites ten spyt, is dit steeds nie ’n aangename ondervinding om een teë te kom nie. Dis egter ook nie meer ’n geval van "die enigste goeie slang is ’n dooie slang nie" want hulle speel ’n broodnodige rol in ons ekosisteem. Die ATKV het oorde regoor uiteenlopende dele van ons land, en elke deel kom my sy eie skubberige reptiele. In dié reeks  gaan ons kyk na giftige slange wat algemeen voorkom in die omgewing van elke oord, asook wat om te doen indien jy gebyt word, asook noodnommers. Van die slange sal voorkom by meer as een oord (byvoorbeeld die Pofadder), en sal weer beskryf word.

Voor ons begin, neet bietjie agtergrond oor die verskillende gif waaroor slange beskik:

 

Sitotoksies: Pofadder, Mosambiekse Spoegkobra.

Gevolge van byt: Erge pyn, swelling, en weefselskade wat kan ly tot amputasie.

Neurotoksies: Swart Mamba, Groen Mamba en Kobras wat nie gif speog nie.

Gevolge van byt: Beinvloed die senuweestelsen en brein

Hemotoksies: Boomslang, Voëlslang

Gevolge van byt: Swelling en pyn, kan lei tot nierverskaing. Beinvloed die kardiovaskulerestelsel en hart.

Let wel: Baie slange het’n kombinasie van verskillende gif.

 

 

ATKV- Drakensville:

Die berge is sinoniem met slange en binneland-Natal is geen uitsondering nie. Volgens Petré Theron, ordbestuurder van ATKV-Drakensville is die meerderheid slange wat hulle teekom op die oord, maar Nagadders en af en toe ’n Molslang. “By uitsondering, sal ons ’n Rinkhals raakloop. Dan vra ons die personeel om die slang te vang en vry te laat in die natuur, weg van die oord af.” “Ons bied ook gereeld slangvertonings vir vakansiegangers om hulle bewus te maak van slange in die area.”

 

Die volgende slange is eie aan die omgewing van Drakensville en besoekers moeet notisie neem.

Pofadder ((Bitis arietans)

Gif: Sitotoksies

Klassifikasie: Baie gevaarlik

Lengte: Maksimum 1 meter

Voorkoms: Regoor Suid-Afrika en die Noorde van Afrika

Bytgevalle: Algemeen

 

Die Pofsadder is ’n slang wat hoofsaaklik staat maak op kamoeflering. Daar is bevind dat die slang nie eers sal reageer indien iemand op hom staan nie, so dit is moontlik dat stappers al op een getrap het! Hulle is meestal aktief gedurende die nag. Groot en vet van postuur met ’n blitsige byt. Die Pofadder se gif is sitotoksies wat erge pyn, swelling en weefselskade aanrig rondom die bytplek, wat dan verder versprei. Die slang sal begin blaas en homself “oppof” (vandaar die naam) indien hy bedreig word.

Wat om te doen indien gebyt word: Ongelukkig is daar nie veel noodhulp wat gedoen kan word nie – so vergeet maar van drukkingverbande en tourniquets – kry die persoon so gou as moontlik by noodgevalle.

 

Mite: Pofadders kan nie agtertoe byt nie – die posisie van hul tande laat dit nie toe nie (die tande is voor in hul bekke).

Interessante feit: Die pofadders skenk lewendig geboorte, waar ander slange eiers lê. In werklikheid, broei die kleintjies uit vanuit die eiers binne hul ma voor die eiers gelê word (ovi-vipipary). Dis dalk die rede hoekom die Pofadder so wyd voorkom, want baie slangeiers word gevreet deur ander diere voor hulle uitbroei.

Rinkhals ((Hemachatus haemachatus)

Gif: Sitotoksies en Neurotoksies

Klassifikasie: Baie gevaarlik

Lengte: 0.9m tot 1.5m

Voorkoms: Binneland Natal en Wes Kaap

 

Alhoewel die Rinkhals ook ’n bakkop het soos ander kobras, is dit nie werklik `n kobra nie, dit val onder die Hemachatus subspesie. Rinkhalse kan tot 2.5 meter spoeg as hulle bedreig word. ’n Ander verdedigings meganisme van die slang is om te maak of hy dood is en om stil te lê met sy bek oop (dit word thanatosis genoem) – net om dan aan te val as iemand naby kom of aan hom probeer raak. Bytgevalle by mense deur die Rinkhals is egter baie selde en dis meerendeels troeteldiere wat gebyt word.

 

Interessant feit oor die Rinkhals: Die slang is baie lief vir paddas, so indien  jy op ’n plot of plaas bly met ’n visdammetjie, verwag dalk hierdie glibberige besoeker!

 

Mite oor die Rinkhals: Indien iemand in die oë gespoeg word, moet nie melk of urine gebruik om die gif te probeer uitwas nie – spoel die oë met water onder ’n kraan vir 15 – 20 minute. Neem die persoon dan na die dokter.

Berg Adder (Bitis atropos)

Gif: Neurotoksies

Klassifikasie: Gevaarlik

Lengte: 0.6m maksimum

Voorkoms: Binneland Natal en Wes Kaap

 

Die Berg Adder is bekend vir sy slegte humeur – en hy sal nie skroom om te byt nie. Wat hom anders maak as meeste ander adders is die feit dat hy neurotoksiese gif het (dieselfde as die Mamba’s). Baie stappers en bergklimmers word gebyt deur hoerdie slang omdat hy lief daarvoor is om in paadjies te lê en in rotswande – baie van die bytplekke is op hande en vingers. Daar is nie teengif vir die Berg Adder nie, alhoewel geen ongevalle al gedokumenteer is nie.

 

Interessant feit oor die Berg Adder: Die Berg Adder is baie gewild onder onwettige troeteldier handelaars, plaaslik en internasionaal.

 

Mite oor die Berg Adder: Alhoewel die simptome van ’n Berg Adder se byt ernstig kan lyk, is dit nie naastenby so gevaarlik soos die byt van ’n Pofadder of Rinkals nie.

Nag Adder (Causus rhombeatus))

Gif: Sitotoksies

Klassifikasie: Gevaarlik

Lengte: 0.6m – 0.7m maksimum

Voorkoms: Binneland Natal en Oos Kaap

 

Die beste om hierdie slang te beskryf is bruin met swart diamantvorms op sy lyf – asook die “V”teken op sy kop. Hulle word gereeld gevind in woonbuurte se tuine. Die Nag Adder is vinniger as ander adderspesies en kan tot 92 cm per sekonde (3 voet per sekonde) beweeg. Hulle is ewe gemaklik om te klim of te swem.

 

Interessante fiet oor Nag Adders: Hulle word baie gereeld verwar met eiervreters (Dasypeltis).

Mite oor Nag Adders: Volgens Nick Evans van die KZN Amphibian and Reptile Conservation het hy al selde Nag Adders in die aand teegekom en meestal gedurende die dag en laatmiddag!

Wat om te doen indien jy gebyt is:

Skakel dadelik 'n noodnommer

Probeer die slang identifiseër (maar moet hom nie probeer vang nie!)

Verbind die ledemaat styf net bo die bytplek

Moenie die gif probeer uitsuig nie - dit rig meer skade aan!

Probeer kalm bly

Indien jy self na die hospitaal ry, skakel hulle vooraf sodat hulle gereed is met serum voor jou aankoms (asook beskikbaarheid).

 

Noodnommers:

Mountain Rescue 0800 005133

Harrismith dokter: Dr du Preez – 058 6222 666

Thebe Provinsiale Hospitaal: 0586221111

ATKV-Drakensville: 036 438 6287