Skip to the content
lockdown info

ʼn Nasionale inperking van 21 dae lank is aangekondig

  • Die inperking sal om 23:59 op Donderdag, 26 Maart begin.
  • Die inperking sal vir 21 dae lank van krag wees.
  • Alle Suid-Afrikaners sal tot middernag op Donderdag, 16 April 2020, tuis moet bly.
  • Die kategorieë mense wat van hierdie inperking vrygestel is, is as volg:
    • Gesondheidswerkers in die openbare en privaat sektor,
    • Noodpersoneel,
    • Sekuriteitsdienste – soos die polisie, verkeersbeamptes, mediese personeel vir die weermag, soldate, en
    • Ander persone wat onmisbaar is vir ons reaksie op die pandemie.
  • Dit sal ook diegene wat betrokke is by die vervaardiging, verspreiding en voorsiening van kos en basiese goedere, noodsaaklike bankdienste, die instandhouding van krag-, water- en telekommunikasiedienste, laboratoriumdienste en die voorsiening van mediese en skoonmaakprodukte insluit.
lockdown info

Sal ek my huis kan verlaat?  

  • Daar is geen rede vir paniek nie, aangesien ʼn inperking nie beteken dat daar ʼn sluiting is nie.
  • Ons kan steeds by winkels uitkom en toegang tot noodsaaklike goedere en dienste kry, maar in klein hoeveelhede.
  • Dit is ons verantwoordelikheid om ons bewegings in te perk.
  • Verlaat net jou huis as dit noodsaaklik is, soos om kos te koop, mediese sorg te ontvang of toegang tot voorraad te kry.
  • Gaan alleen wanneer jy jou huis verlaat, beplan jou roete en probeer om so gou moontlik by jou bestemming uit te kom en weer huis toe te gaan.
  • Pas higiëne toe wanneer jy uitgaan – was jou hande wanneer jy jou huis verlaat, doen dit weer by jou bestemming en voor jy weer huis toe gaan. 

Ons is almal in dieselfde bootjie  

  • Alle sektore – openbaar en privaat en burgers – werk saam om die Koronavirus te beveg, en ons moet hierdie gees volhou.
  • Streng inperkingsmaatreëls is nodig om seker te maak dat die virus nie verder versprei nie.
  • Hou asseblief aan om versigtig te wees en onnodige reise uit te skakel.
  • Gee jou samewerking vir die regering en ander sektore sodat hulle hierdie maatreëls kan toepas.

Watter dienste sal oop bly?  

  • Die meeste winkels en besighede sal toe wees.
  • Die polisie, metropolisie, weermag en nooddienste sal steeds werksaam wees.
  • Gesondheidsdienste, soos hospitale, klinieke, dokters, apteke en laboratoriums, sal oop bly.
  • Banke en noodsaaklike finansiële en betalingsdienste, insluitend die JEB, sal oop bly.
  • Supermarkte sal oop bly sodat burgers steeds vir hulself en hul families kan sorg.
  • Vulstasies sal oop bly.
  • Maatskappye wat noodsaaklik vir die vervaardiging en vervoer van kos, basiese goedere en mediese voorrade sal oop bly.

Pogings om die virus in bedwang te hou:   

  • Hierdie landswye inperking sal met ʼn openbare gesondheidsbestuursprogram gepaard gaan, wat sifting, toetsing, kontakvolging en mediese bestuur beduidend sal verhoog.
  • Gemeenskapsgesondheidspanne sal daarop fokus om sifting en toetsing in woonareas uit te brei, met die eerste fokus op hoërisiko-areas en areas met ʼn hoe bevolkingsdigtheid.
  •  Suid-Afrikaanse burgers en inwoners wat uit hoërisikolande terugkom sal outomaties vir 14 dae lank onder kwarantyn geplaas word.
  • Nie-Suid-Afrikaners wat uit hoërisikolande arriveer, sal weggewys word.
  • Internasionale vlugte na Lanseria Lughawe sal tydelik gestaak word.
  • Internasionale reisigers wat na 9 Maart 2020 uit hoërisikolande in Suid-Afrika aangekom het, sal in hul hotelle moet bly tot hulle ʼn 14-dagkwarantyntydperk voltooi het.

Ekonomiese ingrypings wat in plek gesit word:   

  • ʼn Solidariteitsfonds waartoe Suid-Afrikaanse besighede, organisasies, individue en lede van die internasionale gemeenskap kan bydra.
  • Die Fonds sal daarop fokus om die verspreiding van die virus te voorkom, ons help om die verspreiding te volg, vir diegene wat siek is, te sorg, en diegene wie se lewens ontwrig is, te ondersteun.
  • Die Fonds het ʼn webwerf – www.solidarityfund.co.za – en bydraes kan via die Fonds gedeponeer word.
  • Die Fonds sal deur ʼn agtenswaardige span mense vanuit finansiële instellings, boekhouersfirmas en die regering, bestuur word.
  • Om dinge aan die gang te kry, verskaf die regering R150 miljoen se saaikapitaal en die privaat sektor het reeds beloof om hierdie fonds met finansiële bydraes te steun.
  • Die regering sal sy allerbeste doen en hulpbronne mobiliseer om lewens te red en die ekonomie te ondersteun.

 Bystand vir besighede:

  • Besighede in die informele sektor, soos spazawinkels, sal bygestaan word.
  • Registrasie is nou oop op www.smmesa.gov.za vir klein en medium ondernemings wat hulp nodig het tydens die Koronavirus-krisis.
  • Die Departement van Kleinsakeontwikkeling het ʼn skuldverligtingsfonds vir klein besighede.
  • Klein besighede wat deur die koronavirusuitbreking geraak is, sal bewys van negatiewe impak weens COVID-19 moet voorsien.
  • Vermy werksverlies deur die Kleinsakeondernemings-ontwikkelingsagentskap [Small Enterprise Development Agency (SEDA)].
  • Die regering het winkelsentrums en handelaars aangeraai om huur- en betalingsvakansies te oorweeg vir huurders wat negatief deur die inperking beïnvloed word.
lockdown info

Die sosiale veiligheidsnet bly in plek:

  • Alle toelaes sal steeds betaal word.
  • Om opeenhoping by betaalpunte te vermy, sal ouderdomspensioen en ongeskiktheidstoelaes vanaf 30 en 31 Maart 2020 afgehaal kan word, terwyl toelaes in ander kategorieë vanaf 1 April 2020 afgehaal kan word.
  • Alle toegangskanale sal oop bly, insluitend OTM’e, verkooppunttoestelle, poskantore en kontantbetalingspunte. 

Laat ons hierdie saam aanpak:

  • Die stappe wat ons neem sal ons, as ʼn nasie, op die proef stel.
  • Die regering en die land se leiers in beide die openbare en privaat sektor is oortuig dat dit baie ernstige gevolge sal hê as ons nie nou reageer nie.
  • Die dae, weke en maande wat voorlê, sal ons vasberadenheid, ons vindingrykheid en ons eenheid as 'n volk toets soos nog nooit tevore nie.
  • Laat ons almal ons deel doen en seker maak dat ons sterker en meer verenig aan die anderkant uitstap.

Jy is nie alleen nie!  

  • Dit is belangrik dat jy per foon, sosiale media of e-pos in verbinding bly.
  • Behou jou netwerke en praat gereeld met vriende en familie.
  • Doen steeds lekker en ontspannende goed, soos om ʼn boek te lees, rekenaar-, bord- of kaartspeletjies te speel, sosiale netwerking of TV-kyk.
  • Bly ingelig deur akkurate inligting te kry en nie jou nie aan gerugte of valse nuus te steur nie.
  • Hou die kinders in jou sorg op kreatiewe maniere besig – dink lekker leeraktiwiteite uit, speel speletjies en hou hul daaglikse roetine in plek.
  • Bly aktief deur eenvoudige oefeninge in jou huis of tuin te doen.
  • Werk ʼn oefenplan uit wat spesifiek vir jou omgewing aangepas is.