Skip to the content

#RekUit by ‘n atkv-oord

#RekUit - ATKV Oorde

Beste ATKV-gas

ATKV-oorde wil jou vakansie-ervaring met ons nuwe, aangepasde deposito-beleid
vergemaklik. Dié beleid is spesifiek daarop gemik om ons gaste te help om deposito`s te
beplan en betaal en sodoende druk op hul kontantvloei te verminder. Gaste kan uitsien na ’n
geriefliker manier van besprekings doen.

Die nuwe depositobeleid maak wegbreek nóg makliker en dien as ʼn toelaag vir besprekings
wat langer as drie maande/90 dae vooruit gemaak word. Ons wil asseblief versoek dat ons
gaste ag sal slaan op onderstaande depositotabel:

Deposito (48h) DEPOSITOSKEDULE
Maande % deposito 210 dae voor aankoms 90 dae voor aankoms 30 dae voor aankoms
>12 10% 15% 25% 50%
12 10% 15% 25% 50%
11 10% 15% 25% 50%
10 10% 15% 25% 50%
9 10% 15% 25% 50%
8 10% 15% 25% 50%
7 25% 0% 25% 50%
6 25% 0% 25% 50%
5 25% 0% 25% 50%
4 25% 0% 25% 50%

In ʼn neutedop:

• Die huidige beleid is steeds van toepassing op besprekings met ʼn aankomsdatum van
minder as drie maande vooruit.
• Vir besprekings met ’n aankomsdatum van vier tot sewe maande vooruit word `n
aanvanklike deposito van 25% binne 48 uur, vereis die volgende 25% drie maande voor
aankoms en die oorblywende 50% een maand voor aankoms vereis, soos deur die huidige
beleid voorgeskryf.
• Vir besprekings met ’n aankomsdatum van agt maande en langer vooruit word ʼn
aanvanklike deposito van 10% binne 48 uur vereis, ʼn verdere 15% sewe maande voor
aankoms, die volgende 25% drie maande voor aankoms en die oorblywende 50% een
maand voor aankoms vereis, soos deur die huidige beleid voorgeskryf.
Neem ook asseblief kennis dat jy jou bespreking sal verbeur indien jy nie op die spesifieke
depositodatums betaal nie. Die verslapde depositobeleid is geldig vir besprekings gemaak tot
28 Feb 2024.

Waarvoor wag jy? Kom #RekUit by ʼn ATKV-oord en betaal jou bespreking oor ʼn langer
tydperk af.