Skip to the content
ATKV-Hartenbos – almal se droomvakansie...

ATKV-Hartenbos – almal se droomvakansie...

ATKV-Hartenbos is een van die ATKV se gewildste vakansieoorde en meestal sommer ’n jaar vooruit vol bespreek vir die Desembervakansie.

En as jy eers die stil dorpie binnery, sal jy sien hoekom. 

ATKV-Hartenbos bied alles wat ’n vakansieganger begeer – ’n heerlike strand, wandelpaaie vir die gesin, ’n waterpark vir die kleinspan en ’n lieflike inkopie-en-uiteetondervinding by die Seefront.

Kom verwonder jou aan die eerste oord wat die ATKV gekoop het.

Kyk ’n mens na ou foto’s van die oord (veral die Skip-restaurant van 1958 en die rondaweltjies) is dit opvallend hoe ver die ATKV sedertdien gevorder het.

Die verblyfopsies is legio – bespreek by die luukse Seefront Solders, die woonwapark wat so naby is aan die strand dat jy die see kan proe of die gemaklike rondawels.

En indien jy die wêreld ’n bietjie wil verken, is daar die Kangogrotte naby Oudtshoorn. Naby dié dorp kan jy ook volstruisplase besoek. Vir kultuurvrate is daar ook die Dias-museum en die Punt van Menslike Oorsprong, asook die Cape St. Blaize-vuurtoring.

Om nie eens te praat van die asemrowende gholfbane in die omgewing nie.

Bespreek hier en gun jouself die rus wat jou toekom. Ons het boonop ’n hele paar aanloklike aanbiedinge beskikbaar.

ATKV-lede: Maak oordbesprekings teen die ledetarief – alles is op die nuwe aanlyn ledeplatform. Registreer nou: https://lede.atkv.org.za/.
*Stuur ’n e-pos na atkv@atkv.org.za met jou kontakbesonderhede en lidnommer as jy sukkel om te registreer.

ATKV-Oorde

Surreylaan 348
Randburg
Gauteng
Suid-Afrika

E-posadres: 
oordedigitaal@atkv.org.za
Besprekings: 
+27(011) 919 9092