Skip to the content
Die berge roep - ATKV Resorts

Die berge roep!

In die hartjie van die Drakensberge, skaars ’n klipgooi van Harrismith en Bethlehem, omring deur die lowergroen KwaZulu-Natalse landskap lê een van die juwele in die ATKV se kroon, ATKV-Drakensville.

Daar is ’n smorgasbord van aktiwiteite: Neem ’n begeleide toer na die berg naby aan die oord waar jy historiese rotstekeninge by ’n pragtige waterval kan besigtig. 

Dit is die ideale gesinsaktiwiteit vir enigeen wat die natuurskoon wil bewonder, of wil kyk na voëls wat net in dié deel van die land voorkom of as jy sommer net ’n bietjie oefening wil inkry.

Al die gidse by ATKV-Drakensville se Omgewingsentrum is deur die KwaZulu-Natalse erfenisorganisasie Amafa geakkrediteer en hul kennis van die omgewing en sy plant- en dierspesies is indrukwekkend.

Daar is soveel ander dinge om te doen indien jy ’n bietjie wil rondrits. Besoek die Koninklike Natal Nasionale Park, die Drakensberg- ondergrondse hidrokragstasie of Kerkenberg, die Retiefpas, en die Kaalvoetvrou of die Spioenkop-slagveld-en-natuurreservaat.

Die oord is ook baie gewild onder paartjies wat in die kapel met sy uitsig oor die asemrowende vallei wil trou. 

Kom beleef die stilte en rustigheid van ’n lowergroen Natal, terwyl jou kinders hul gate uit kan geniet by die swembaddens, op die glybaan of die oord op hul fietsies kan platry.

Maak nou ’n draai voor die winter begin byt. Bespreek hier en gun jouself die rus wat jou toekom. Ons het boonop ’n hele paar aanloklike aanbiedinge beskikbaar.

ATKV-lede: Maak oordbesprekings teen die ledetarief – alles is op die nuwe aanlyn ledeplatform. Registreer nou: https://lede.atkv.org.za/.
*Stuur ’n e-pos na atkv@atkv.org.za met jou kontakbesonderhede en lidnommer as jy sukkel om te registreer.

ATKV-Oorde

Surreylaan 348
Randburg
Gauteng
Suid-Afrika

E-posadres: 
oordedigitaal@atkv.org.za
Besprekings: 
+27(011) 919 9092