Skip to the content

ATKV-oorde promosies: hoe werk dit?

Beste gas,

Die ATKV se tariefstruktuur is uit vier kalenderindelings saamgestel (behalwe vir Hartenbos, waarvoor daar slegs drie kalenderindelings is), waarvolgens alle ATKV-lede reeds ʼn korting/voordeel op gepubliseerde nie-ledetariewe ontvang, voordat enige alternatiewe promosie-afslag in berekening gebring word. Hierdie persentasie afslag vir lede (voor enige promosie-afslag) beloop tans tot 30% vir die middel van die week, buite seisoen; tot 25% vir naweke, buite seisoen; tot 20% vir skoolvakansies en langnaweke en tot 15% in spits- vakansietye, waarvan die grootste voordeel oor die Desember-/Januarie-skoolvakansie val. 

Die voordele is dus:

  1. Lede het die gebruik van die lidtarief regdeur die jaar
  2. Lede kan ook die promosie opneem en meer spaar as op die lidtarief
  3. Hierdie promosies word gedoen op die oorde waar besetting swaarkry om sodoende dit ‘n hupstoot te gee sodat die oord/e kan volhoubaar bly om sodoende te verseker dat ons, as die ATKV, steeds ons kultuurverantwoordelikhede kan nakom.

Daarom, indien ʼn promosie teen 20% afslag op buiteseisoenverblyf (in die middel van die week) aan lede en 25% aan nie-lede vrygestel word, kan die totale afslag aan lede teenoor nie-lede as volg geïllustreer word:

 

Ledesamestelling:

Lede-afslag: 30% teenoor die gepubliseerde nie-ledetariewe
Promosie-afslag: 20% van bogenoemde waarde
Die totale saamgestelde afslag en voordele vir lede is dus 50% teenoor die oorspronklike gepubliseerde nie-ledetariewe.

 

Nie-ledesamestelling:

Slegs promosie-afslag van 25% teenoor gepubliseerde nie-ledetariewe.
Lede kry dus steeds ʼn voordeel van 25% afslag bo nie-lede, wat dit steeds lonend maak om aan die ATKV te behoort.

ATKV-Oorde

Surreylaan 348
Randburg
Gauteng
Suid-Afrika

E-posadres: 
oordedigitaal@atkv.org.za
Besprekings: 
+27(011) 919 9092