- Die voorkeurbesprekingsperiode vir lede word tot die eerste 14 dae van Augustus beperk. Lede sal slegs 14 dae vanaf 1 Aug 2021 hê om te bespreek. Vanaf 15 Augustus 2021 word besprekings oopgestel vir die algemene publiek. Besprekings kan vanaf 07:00 die oggend op 1 Augustus 2021 gemaak word.
- Om u en ons personeel se gesondheid te beskerm, sal geen besprekings in persoon by Hoofkantoor of by enige van die oorde gemaak kan word nie.
- Lede moet asseblief ook kennis neem dat die #RekUit-depositobeleid vir voorkeurbesprekings steeds geld. Meer inligting oor die skedules is hier beskikbaar: #RekUit by ‘n atkv-oord | ATKV-Oorde (atkvoorde.co.za)
- Voorkeurbesprekings kan ook nou aanlyn op die ledeplatform (https://lede.atkv.org.za/) geskied. Neem asb. kennis van die volgende wanneer u aanlyn bespreek:
- Lede kan van 1 tot 14 Augustus aanlyn vir Maart/April 2022 bespreek.
- Dit geld vir alle oorde, behalwe Hartenbos.
- As u aanlyn bespreek:
- U mag slegs EEN eenheid of staanplek bespreek
- Kan u NIE ʼn spesifieke eenheid/staanplek kies NIE, slegs ʼn eenheidstipe of kampeerstaanplekblok.
- Is die deposito 50% van die besprekingswaarde, dieselfde as met gewone aanlynbesprekings.
- Lede word aangemoedig om vooraf seker te maak, om spyt te voorkom, dat indien u aanlyn gaan bespreek, u geregistreer is en toegang het op die lede-aanlynportaal. Indien u onseker is of hulp nodig het skakel gerus ons ledesake-afdeling by 011 919 9000.
- Weens COVID-19-regulasies, word inbel- en e-posbesprekings aanvaar, maar inbelbesprekings sal voorkeur geniet.
- As u inbel en bespreek:
- Kan u u eenheid/staanplek kies.
- U mag slegs EEN eenheid of staanplek bespreek
- Werk die deposito volgens die #RekUit-skedule.
- U kan enige van die onderstaande nommers skakel om te bespreek:
- ATKV-Buffelspoort – 014 572 1000
- ATKV-Drakensville – 036 438 6287
- ATKV-Eiland Spa – 015 386 8000
- ATKV-Goudini Spa – 023 349 8100
- ATKV-Hartenbos – 044 601 7200
- ATKV-Klein-Kariba – 014 736 9800
- ATKV-Natalia – 031 916 4545
- Sentralebesprekingskantoor – 011 919 9092
Ons waardeer u samewerking in hierdie verband. Moenie u kans verspeel nie, skakel ons vanaf 1 Augustus en bespreek u familievriendelike wegbreke by een van ons sewe pragoorde!


Surreylaan 348
Randburg
Gauteng
Suid-Afrika
E-posadres:
oordedigitaal@atkv.org.za
Besprekings:
+27(011) 919 9092