Skip to the content
KOP: Met die see op jou voorstoep, klop min dinge ’n Natalia-seevakansie.

KOP: Met die see op jou voorstoep, klop min dinge ’n Natalia-seevakansie.

Dis maar nou een keer die lekkerte van Kwazulu Natal se kus – jy kan amper regdeur die jaar swem. ATKV-Natalia bied egter soveel meer. 

Daar is niks lekkerder as om ná ’n dag op die strand verder in die verhitte swembad te ontspan nie. Dan volg ’n middagslapie, terug na die swembad en steek ’n vuurtjie aan by die ingeboude braaiplek. Die kleinspan kan aanhou baljaar, want daar is ook springmatte en ’n minigholfbaan. As ete-alternatief kan jy die oordrestaurant, Kits Koswerf, se bobaasgeregte probeer. Die vis-en-skyfies is veral ’n wenner en moet beslis probeer word.

Oordbesoekers se veiligheid is prioriteit. Hier kan jy net terugsit en ontspan, terwyl die kinders hulself gate uit geniet sonder dat jy bekommerd hoef te wees oor hul veiligheid. 

Daar is heelwat besienswaardighede naby die oord vir diegene wat rooimiere het. Net ’n paar meter se stap van die hoofhek is daar byvoorbeeld ’n pragtige kwekery, terwyl Durban se uShaka-akwarium, die hoofstrandpromenade, hawe en ’n halfdag-stadstoer net ’n halfuur se ry weg is.

As die Winter jou mismoedig maak, is ATKV-Natalia reg om jou met ope arms te ontvang. Kom swem daai sorge weg.

Bespreek hier  en gee jouself die rus wat jou toekom.

Ons het boonop ʼn hele paar aanloklike aanbiedinge beskikbaar.

ATKV-lede: Maak oordbesprekings teen die ledetarief – alles is op die nuwe aanlyn-ledeplatform. Registreer nou: https://lede.atkv.org.za/

*Stuur ’n e-pos na atkv@atkv.org.za met jou kontakbesonderhede en lidnommer as jy sukkel om te registreer.

ATKV-Oorde

Surreylaan 348
Randburg
Gauteng
Suid-Afrika

E-posadres: 
oordedigitaal@atkv.org.za
Besprekings: 
+27(011) 919 9092