Skip to the content
Span uit in Limpopo by ATKV-Eiland Spa

Span uit in Limpopo by ATKV-Eiland Spa

Almal het ’n wegbreek nodig en ATKV-Eiland Spa is die regte medisyne om jou te laat vergeet van die stad.

Die Limpopo-provinsie is feitelik regdeur die jaar warm, terwyl temperature in die res van die land jou vinnig kan laat bibber. En met die winterseisoen wat al plek-plek in die land begin byt, is ATKV-Eiland Spa die perfekte afskeidswegbreek so voor die truie en verwarmers uitgehaal word.

Soos jy die oord nader, besef jy dadelik dat jy in ’n ander wêreld is – daar staan maroelabome langs die pad en oral is bordjies wat jou teen rondloper-seekoeie waarsku. So, wat maak ATKV-Eiland Spa uniek? Die rustige bosveld-atmosfeer, die warm water en soel aande laat jou totaal ontspan. Die natuurskoon, met die bokkies wat tussen die gaste rondbeweeg, bring ’n ander dimensie. Die dae is grotendeels heerlik windstil, en al styg die kwik sommige dae tot by 40°C, raak dit hemels as die son agter die mopanies sak – jy wil net vuurmaak, ’n vleisie braai of saam met jou familie en vriende ontspan.

Die oord is soos ’n klein eilandjie binne-in die Hans Merensky-natuurreservaat, en wildsoorte is volop – elande, koedoes, kameelperde, waterbokke, njalas, rooibokke, duikers, steenbokkies, blouwildebeeste, sebras, krokodille en seekoeie.

Vir mense wat die omgewing wil verken, die Krugerwildtuin is ’n klipgooi vanaf die oord. Jy kan ook die Wegraakbosch-kaasplaas, die Agatha-krokodilplaas en die Kinyonga-reptielsentrum besoek.

Dié oord is dalk ’n entjie se ry vanaf Johannesburg en Pretoria, maar die belewenis is enig in sy soort en dalk nét wat jy nodig het om die somerseisoen af te sluit.

Bespreek hier en gee jouself die rus wat jou toekom.

Ons het boonop ʼn hele paar aanloklike aanbiedinge beskikbaar.

ATKV-lede: Maak oordbesprekings teen die ledetarief – alles is op die nuwe aanlyn-ledeplatform. Registreer nou: https://lede.atkv.org.za/

*Stuur ’n e-pos na atkv@atkv.org.za met jou kontakbesonderhede en lidnommer as jy sukkel om te registreer.

ATKV-Oorde

Surreylaan 348
Randburg
Gauteng
Suid-Afrika

E-posadres: 
oordedigitaal@atkv.org.za
Besprekings: 
+27(011) 919 9092