Fasiliteite

ATKV-oorde is jou alles-in-een-vakansiebestemming, propvol verskillende fasiliteite en geriewe vir die hele gesin.

Konferensies en groepe

Ontsnap uit die kantoor na ’n ATKV-oord van jou keuse en geniet 'n onvergeetlike korporatiewe wegbreek of spanbougeleentheid. Ons geriewe is ook geskik vir skoolgroepe, sosiale groepe en troues.

Vermaak

Vermaak vir die hele gesin!

Loer na die Oorde

ATKV-oorde neem jou binnekort op ‘n avontuurreis saam met David Johnson en Bianca La grange.

Ons reis deur deur die kronkelpad wan die Midlands Meander opsoek na 'couverture' sjokolade en handgemaakte bier.

Ons reis binnelands, in die rigting van die wêreldbekende Drakensberg platorand en slaan kamp op by die ATKV-Drakensville oord.

Ons reis Suid na die Wes-Kaap en slaan kamp op reg langs die strand by ATKV-Hartenbos. Ons reis deur die Karas an stop by 'n volstruisplass in Outshoorn en leer meer or hierdie unieke bedryf.

Ons reis Noordwes na die Slanghoekvallei in Rawsonville en slaan kamp op in die hartjie van die Bolandse berge by ATKV-Goudini Spa.

Ons reis na die Noordelike Limpopo-provinsie en slaan kamp op in die middel van die Hans Merensky-natuurreservaat met in pragtige Afrika-bosveld agtergrond by ATKV-Eiland Spa.

Ons reis Suid na die Bela-Bela-distrik in die Waterberge en slaan kamp op in in pragtige kloof by ATKV-Klein-Kariba.

Ons reis na die Noordwes-provinsie in die Magaliesberg-distrik naby die wêreldbekende Sun City-oord en slaan kamp op by ATKV-Buffelspoort.

Akkommodasie

Maak ATKV-oorde jou volgende wegbreekbestemming met 'n verskeidenheid akkommodasie-opsies, geskik vir elkeen se smaak en begroting.

Kampering

ATKV-oorde bied die koelste kampplekke in die kontrei en ’n magdom kampeerstaanplekke onder skaduryke bome of gepavleide staanplekke met skadunette, kragpunte en ’n braai-area. Uitstekende opwas- en ablusiefasiliteite is ook beskikbaar.

Fasiliteite

ATKV-oorde spog met ’n verskeidenheid ontspanningsgeriewe, fasiliteite en vermaakaktiwiteite. Besoek gerus die oord van jou keuse se webtuiste vir meer inligting.

Vermaak

Beleef pret en avontuur met ATKV-oorde se ontspanningsgeriewe en vermaakaktiwiteite.

Kom kuier saam!