Groepe
Op soek na die ideale wegbreekplek vir jou kerkraad, leerders of sosiale groep? Bestaan jou groep uit 20 mense... of selfs meer? Laai dan die tasse en vat die pad na 'n ATKV-oord!
Leierskapsentrums Avontuursentrums Hartenbos Skoolpakkette Omgewingsentrum
Leierskapsentrums
Om 'n groep kinders op 'n skooltoer te neem, is nie vir sissies nie! Nou kan jy ophou kopkrap oor die volgende leierskamp of spanbou-wegbreek. ATKV-Eiland Spa se jeugtuiste bied 'n veilige omgewing waar die jongklompna hartelus kan baljaar.
Avontuursentrums
ATKV-Klein-Kariba se Leierskap- en avontuursentrum bied 'n wye verskeidenheid aktiwiteite, akkommodasie en programme. Ons ervare span kursusaanbieders en die opwindende reeks aktiwiteite waarborg 'n ervaring sonder weerga vir skool–, studente– of selfs kerkgroepe.
Hartenbos Skoolpakkette
ATKV-Hartenbos lê op die wêreldbekende Tuinroete tussen Kaapstad en Port Elizabeth, ongeveer 8 km van Mosselbaai en 40 km van die George-lughawe af.
Groepbestemmings by die see is moontlik met ATKV-Hartenbos se verskillende soorte akkommodasie. Voeg hierby ’n magdom aktiwiteite en ontspanningsgeriewe, ’n restaurant, kitskosafdeling en puik konferensiegeriewe. Alles wat jou hart begeer.
Omgewingsentrum
ATKV Drakensville, geleë aan die voet van die pragtige Drakensberg Amfiteater, spog met ’n omgewingsentrum wat ’n wye verskeidenheid avonture en ontwikkelingsprogramme aanbied. Ons ervare span van aanbieders verseker vir elke skool, student of selfs kerkgroep ’n onvergeetlike ervaring.