Skip to the content

Net buite Bela-Bela, slegs 90 minute vanaf Johannesburg, lê die aantreklike ATKV-Klein-Kariba-oord tussen een van die Waterberg se mooiste klowe. Hierdie topklasoord bied ʼn verskeidenheid verblyfopsies in die bosveld. Word in die oggend wakker met die voëltjies wat sing en Moeder Natuur wat haar volle glorie ten toon stel.

Ons daag jou uit om jou avontuurpakket te bespreek. ʼn Heerlike midweekwegbreek wat jou adrenalien sal laat vloei! Verken die natuur op ʼn vierwielmotorfiets, ervaar die opwinding van die Robski, en sweef deur die lug soos ʼn arend op ons splinternuwe glykabel, wat bestaan uit 8 individuele kabels waarvan die langste een 260 meter is!

ATKV-Oorde

Surreylaan 348
Randburg
Gauteng
Suid-Afrika

E-posadres: 
oordedigitaal@atkv.org.za
Besprekings: 
+27(011) 919 9092