Skip to the content

Koswerf

ATKV-oorde spog met 7 unieke restaurante met die naam Koswerf. Die handelsmerkuitbreiding is nou oop by al 7 oorde.

ATKV-oorde spog met sewe unieke Koswerf-restaurante, en ook heerlike wegneemete-aanbiedings by Kits Koswerf. Die handelsmerkuitbreiding is nou oop by al sewe oorde. 

Die kos is op die tafel! 

Die restaurante skep ’n rustige gesins- en vakansie-atmosfeer en is die ideale plek om saam met familie en vriende te kuier. As jy verkies om jou ete by jou gunstelingarea op die oord te geniet, is jy meer as welkom om ʼn wegneemete te bestel.

Koswerf en Kits Koswerf se spyskaarte bied waarde vir geld en daar is iets vir elke gesinslid, ongeag by watter ATKV-oord jy uitspan. Ons het hard gewerk om te verseker dat daar ’n wye verskeidenheid gebalanseerde geregte beskikbaar is, almal kleurryk, stylvol en gereed vir jou om te geniet. Raak solank lus vir ’n Koswerf-ontbyt of ʼn tuisgemaakte beesvleisburger met gekaramelliseerde uie en agurkies.

Die hoenderslaai en Koswerf Koning-pizza sal beslis treffers wees, nie eers te praat van die hoenderschnitzel met kaassous nie! Vir die soettand is daar roomys en sjokoladesous, en elke oord bied ʼn unieke soetdingetjie om jou verder te bederf ‒ lekker!

Wat is Koswerf?

Schalk Cilliers, die ATKV se uitvoerende sakedirekteur, vertel meer oor hierdie restaurante:

Die naam Koswerf is afgelei van die Engelse Food Court, soos dié in groot winkelsentrums in en om Johannesburg. Daar is gewoonlik verskeie restaurante, formeel en informeel, in 'n Food Court en ons het dié gedagte deurgetrek na die oorde. Koswerf doen spyseniering vir die oorde se restaurante en kitskosplekke, asook vir konferensiegroepe, spesiale geleenthede, soos troues, en sosiale byeenkomste vir, byvoorbeeld, senior burgers.

Wat was die inspirasie agter die herontwikkeling van die oorde se restaurante?

Die restaurante het die potensiaal om goeie, winsgewende besighede in hul eie reg te wees en die herontwikkeling fokus daarop. Die nuwe spyskaarte, dekor en diens moet hierdie doelwit steun en dit moet 'n rede wees om 'n ATKV-oord te wil besoek.

Wat is Koswerf se toekomsplanne?

Die toekomsvisie is om Koswerf as 'n franchise te posisioneer en sy voetspoor buite die ATKV-oorde te ontwikkel.

Wat is jou gunstelingdis op die Koswerf-spyskaart?

Steak met ʼn mosterd-en-kaas-sous, met uie en sampioene. 

Spysenieringskonsultant, Heleen Meyer, gesels oor die watertandgeregte:

Wat was die inspirasie vir die spyskaart?

Die huidige, meer moderne tendense in kosmaak. Ons wou iets skep wat modern, vars en regtig geurig is, maar wat gaste steeds ken en geniet. Daar is beslis 'n poging om ook gesonder en ligter geregte beskikbaar te stel.

Hoe gaan die spyskaart ontwikkel word?

Daar sal beslis seisoenale toevoegings wees, soos soppe in die winter. Items soos slaaie en pizzas kan ook van tyd tot tyd aangepas word. Die plan is om die basiese spyskaart in die restaurante ook verder by konferensies en ander funksies te gebruik, of dit minstens te laat oorvleuel. Dit sal dinge vir die kombuise net soveel makliker maak en gaste sal bekend wees met baie van die geregte. Die geregte sal wel op interessante en nuwe maniere voorgesit word as dit byvoorbeeld vir 'n formele geleentheid voorberei moet word.

Die Koswerf-slaai is iets wat ek gereeld sal eet. Konsepte soos die Koswerf-slaai, Koswerf-burger en Koswerf-ontbyt is ook baie opwindend en maak 'n sterk deel van die hele Koswerf-konsep uit.

Wat is jou gunstelingdis op die Koswerf-spyskaart?

Die Groentemark-pizza met geroosterde botterskorsie, gekaramelliseerde uie en fetakaas. Dis iets nuut en interessant en die personeel was tydens die opleiding baie opgewonde daaroor. Die karos met salami, tamatie, kaas en gekaramelliseerde uie het ook groot aftrek gekry, omdat dit so ‘n geurige kombinasie is. Die Koswerf-slaai is iets wat ek gereeld sal eet. Konsepte soos die Koswerfslaai, Koswerf-burger en Koswerf-ontbyt is ook baie opwindend en vorm 'n sterk deel van die hele Koswerf-konsep.

Buffelspoort
Adrian Zietsman

+27 14 572 1027
adrianz@atkv.org.za
 
Drakensville
Dawn Strydom

+27 36 438 6287
dawns@atkv.org.za
 
Eiland Spa
Deon van Eeden 

+27 015 386 8028
deonv@atkv.org.za
 
Goudini Spa
Kit Oosthuizen 

+27 23 349 8109
kito@atkv.org.za
 
Hartenbos
Kobus van den Berg 
+27 44 601 7258
kobusV@atkv.org.za
Klein-Kariba
Kim du Plessis 

+27 14 736 9859
kimd@atkv.org.za
Natalia
Yvette Mkhatshwa 

+27 31 916 4324
yvettem@atkv.org.za