Covid-19 Protokol
1. INLEIDING
Beste ATKV-gas
Vir langer as ʼn paar maande seil ons lewensbootjies al in onbekende waters.
En al is dit soms moeilik om sin te maak van die situasie waarin ʼn mens jouself bevind, is dit nodig om weer hoopvol uit te sien na die dag van môre.
In hierdie tyd van onsekerheid en verandering het u seker baie vrae, en dus wil ons u gerusstel dat ons bestuurspan skouer aan die wiel sit om te verseker dat ons u so spoedig moontlik weer by een van ons oorde kan verwelkom.
ATKV-oorde waardeer u onvoorwaardelike ondersteuning en dat u ons oorde as u voorkeur-vakansiebestemming kies. Ons versoek dat ons gaste ag sal gee aan die volgende dokument.
By die ATKV besef ons die erns van die COVID-19-pandemie en omdat ons gaste, werknemers, kontrakteurs en verskaffers se veiligheid van uiterse belang vir die ATKV is, tree ons as verantwoordelike landsburgers op. Hierdie dokument beklemtoon die nakoming van ATKV-oorde se gesondheids- en veiligheidsprotokol , soos bepaal deur die Minister van Indiensneming en Arbeid, om sodoende na die welstand, gesondheid en veiligheid van ons gaste en personeel om te sien. Die prosedures en maatreëls wat hierin vervat word, moet deurlopend hersien en aangepas word, en sal tydig aan gaste gekommunikeer word.
Die COVID-19-voorsorgmaatreëls wat aangespreek en bestuur word sluit is aspekte soos volg:
Opleiding |
Vir werknemers, verskaffers en kontrakteurs. |
Nakoming van wetgewing |
Suid-Afrikaanse wetgewing met betrekking tot werknemers, gesondheid, veiligheid, verbruikers en besigheid. |
ATKV-groepsbeleide |
|
Gaste |
Voorsiening van inligting en reëls om ʼn veilige omgewing te verseker:
|
Kontrakteurs en verskaffers |
Veiligheidsplan: Dit sluit die opleiding van werknemers en induksie van ATKV- gesondheids- en -veiligheidsbeleide in. |
COVID-19 is ’n hoogs aansteeklike siekte wat veroorsaak word deur die koronavirus. Hierdie virus en siekte het vir die eerste keer aan die mensdom bekend geword nadat dit in Desember verlede jaar (2019) in die stad Wuhan, China, uitgebreek het. Met die voltooiing van hierdie dokument is nuwe entstowwe reeds goedgekeur en alhoewel dit nog nie in Suid-Afrika beskikbaar is nie, is dit reeds in Engeland uitgerol.
Die virus word met druppelbesmetting en kontak met oppervlakktes versprei. Die doeltreffendste manier om besmetting te voorkom, is dus om noue persoonlike kontak met mense wat siek en moontlik besmet is, te vermy. Persone met verswakte immuunstelsels is veral vatbaar en moet uiters versigtig optree.
- SIMPTOME
Die algemeenste simptome van COVID-19 is koors, moegheid en ’n droë hoes. Pasiënte kan ook pyn, ’n toe- of loopneus, ’n seer keel of diarree hê. Hierdie simptome is gewoonlik lig en begin geleidelik.
Sommige mense tel die virus op, maar toon geen simptome nie en voel ook nie sleg nie. Die meeste mense (90%) herstel van die siekte sonder enige spesiale behandeling.
- MOETS EN MOENIES
- Indien u vermoed dat u besmet is, moenie sonder enige vooraf kennisgewing dokter, kliniek of hospitaal toe gaan nie. U kan gesondheidwerkers en ander (insluitende siek mense) onnodig en onbewustelik aan die virus blootstel. Bel eers die dokter, kliniek of hospitaal om hulle te laat weet dat u siek is, sodat hulle kan voorberei om u veilig en doeltreffend te ontvang.
- Gaste wat vrees dat hulle reeds besmet is, moet met hul plaaslike mediese praktisyn skakel om verdere instruksies te kry.
- Was u hande gereeld deeglik met seep en water. Indien u bekommerd is, oorweeg dit om ’n handontsmettingsmiddel (handreiniger) met ’n minimum alkoholinhoud van 70% aan te skaf vir gebruik wanneer u die huis verlaat.
- Bedek u mond met ’n stuk materiaal of u elmboog wanneer u hoes of nies. Probeer om nie oppervlaktes met u liggaamsvog te besmet nie.
Dit word sterk aanbeveel dat u teen griep (die 2020-entstof) en ook teen pneumokokkus-infeksies (indien vir u aangedui) ingeënt word. Dit sal die las op die gesondheidsorgstelsel verlig, u vermoë om te werk beskerm, en dit kan voorkom dat u as ’n moontlike COVID-19-geval geïdentifiseer word. Die belangrikste is dat dit siekte in die algemeen – nie net COVID-19 nie – sal help voor kom.
Die veiligheid en gesondheid van ons gaste en personeel is ons eerste prioriteit. Die volgende gesondheids- en veiligheidsprotokolle word in plek gestel om te verseker dat hoë higiëne- en veiligheidstandaarde toegepas word, om u veiligheid te verseker:
Moniteringstelsels |
Personeel se gesondheid word daagliks gemonitor, en moniteringstelsels word in plek gestel om infeksies onder werknemers te identifiseer, om sodoende aan die veiligheidsprotokolle te voldoen. Hierdie moniteringstelsels sluit in, maar is nie beperk nie tot:
-Skoene -Handsak -Selfoon. |
Virtuele vergaderings |
Minimalisering van menslike kontak deur die gebruik van platforms soos Skype en Zoom vir konferensieoproepe en vergaderings. |
Persoonlike beskermende toerusting (PBT) |
Persoonlike beskermende toerusting (PBT) word aan die personeel beskikbaar gestel om die blootstelling aan die koronavirus te voorkom, en sluit onder andere gesigsmaskers, gesigskerms en handskoene in. |
Handhawing van veilige werkspraktyke |
Die handhawing van ʼn gesonde werksomgewing en bevordering van persoonlike higiëne deur die voorsiening van vullisdromme met voetpedale, water en seep, papierhanddoeke, ontsmettingsmiddels en handreinigers met ʼn alkoholinhoud van minstens 70%. Handwasinstruksietekens sal in toilette, ablusiegeriewe en kleedkamers opgesit word. |
Sosiale tussenruimtes, skoonmaak en sanitasie |
Sosiale tussenruimtes word gehandhaaf deur die volgende maatreëls te implementeer:
-Deurhandvatsels -Handrelings -Ligskakelaars -Kantoortoerusting soos drukkers en lesenaars -Wasbakkrane. |
Noodkommunikasieplanne |
|
Bewusmakingsmateriaal en kommunikasie |
Die volgende bewusmakingsmateriaal met betrekking tot die COVID-19-pandemie sal in die kantoor of op die oord geplaas word:
|
5.1. Voor aankoms
Streng maatreëls word deur ATKV-oorde in plek gestel om ons gaste weer op ons onderskeie oorde te verwelkom en om hulle veiligheid te verseker.
Oordbestuurspan |
Die nodige voorbereiding is op oordvlak gedoen:
|
Die skoonmaak en ontsmetting van eenhede en fasiliteite |
|
Handreinigers |
Alkoholgebaseerde handsmeermiddel sal by die ontvangs, winkels en restaurante beskikbaar gestel word. |
Sosiale tussenruimtes |
Aanduiders vir sosiale tussenruimtes sal by alle ingange, sowel as by ontvangs, aangebring word. Sekuriteitspersoneel sal opleiding ontvang om hierdie sosiale tussenruimtes te monitor en bestuur. |
Gasteskanderingstasie |
ʼn Gasteskanderingstasie sal by die oord se hoofingang opgerig word. Elke besoeker (dus alle individue in ‘n gesin/groep) sal gevra word om ʼn COVID-19-vraelys te voltooi en om hulle temperatuur te laat neem voordat hulle by ontvangs mag registreer. Die gasteskanderingstasie word deur ʼn ATKV-oorde-personeellid beman, en elke gas sal gevra word om van die voorsiene handreinigers te gebruik. Die personeellid wat die skanderingstasie beman, sal PBT dra. Sodra u die nodige vorms voltooi en die skandering laat doen het, kan die gas geverifieer word en toegelaat word om by ontvangs te registreer. |
5.2. Gedurende gaste se besoek
Gedurende gaste se besoek aan 'n ATKV-oord sal elke individu met vriendelikheid en respek behandel word, maar die ATKV-bestuur versoek dat gaste die volgende in gedagte hou en toepas om te verseker dat alle veiligheidsprotokolle gevolg word. Hierdie protokol is ons almal se verantwoordelikheid:
Ontvangs |
Indien gaste nie met aankoms ʼn gesigsmasker dra nie, sal ʼn gesigsmasker voorsien word, teen ‘n addisionele fooi.
|
6.1 Eenhede
|
|
6.2 Fasiliteite
|
|
6.3 Aktiwiteite
|
|
6.4 Winkel
|
|
6.5 Restaurant (Koswerf)
|
|
|
|
Die veiligheid van ons personeel en gaste sal vir ons ʼn prioriteit bly, om sodoende die verspreiding van die koronavirus in Suid-Afrika te bekamp. Dit is daarom belangrik dat die korrekte PBT, chemikalieë en verbruiksvoorraad aangeskaf word.
Surreylaan 348
Randburg
Gauteng
Suid-Afrika
E-posadres:
oordedigitaal@atkv.org.za
Besprekings:
+27(011) 919 9092