4 Boonslaai
Bestanddele:
- 1 Eetlêpel bruin asyn
- 1 Eetlêpel blatjang
- 1 Eetlêpel bruin suiker
- 1 Eetlêpel mieliemeel
- 1 Eetlêpel kerrie poeier
- 65 ml water
- Sprietuie
- 410 g geblikte botterbone, gedreineer
- 410 g geblikte groenboontjies, gedreineer
- 410 g geblikte bone in tamatiesous
- 400 g ertjies
- Sout en peper vir smaak
Metode:
- Maak eerste die sous aan. Gooi die water in die pan en plaas pan op die warm vuur.
- Kap die sprietuie fyn en gooi in die pan.
- Meng die suiker, kerrie poeier en mieliemeel in die pan.
- Gooi die asyn en blatjang by. Meng goed.
- Roer die mengsel oor medium hitte totdat dit ’n dik tekstuur het.
- Laat dit vir 'n paar sekondes prut, verwyder van die hitte af.
- Gooi die botterbone, groenbone, geblikte bone in tamatiesous en die ertjies in die pan en meng.
- Voeg sout en peper by vir smaak.
- Sit voor en geniet!
Surreylaan 348
Randburg
Gauteng
Suid-Afrika
E-posadres:
oordedigitaal@atkv.org.za
Besprekings:
+27(011) 919 9092