Smoorsnoek
Bestanddele:
- Groente-olie - 60ml
- Ui - 180g
- Gerookte snoek - 500g
- Een brandrissie rooi of groen
- Bevrore ertjies - 410g
- Blatjang -125 ml
- Knippie sout en peper vir smaak
Metode:
- Smeer die gerookte snoek met blatjang. Sit die snoek dan in die rooster en plaas op die vuur. Laat die snoek vir 10 minute aan ’n elke kant braai.
- Verhit die olie in 'n vlak pan op die vuur.
- Gooi dan die gekapte ui saam met die bevrore ertjies in die pan.
- Breek die gerookte snoek in stukkies en verwyder die grate. Gooi in pan.
- Voeg sout, peper asook brandrissie by vir smaak.
- Sit voor en geniet!
Surreylaan 348
Randburg
Gauteng
Suid-Afrika
E-posadres:
oordedigitaal@atkv.org.za
Besprekings:
+27(011) 919 9092