Gevulde filet
Bestanddele
- Een heel beesfilet - 1,5kg
- Bloukaas – 120g
- Peppadews – 30g
- Roomkaas – 120g
- Pine neute – 40g
- Vars Roosmaryn – 5g
- Spek – 1kg
- Sampioene – 80g
- Balsamiese asyn – 50ml
- Olyfolie – 50ml
- Heuning – 20ml
Metode
- Kap die sampioene
- Roer die pine neute in 'n pan op die oop vuur tot goudbruin. Voeg sampioene by die pine neute.
- Voeg die bloukaas, roomkaas, roosmaryn en fyn gekapte peppadews met die pine neute en sampioene. Meng dit goed.
- Braai jou filet totdat dit bruin aan die buitekant is. Verwyder vanaf die vuur en rus vir 15 minute.
- Maak ’n diep insnydingslengte in die filet. Maak die filet oop.
- Skep die panmengsel in die filet.
- Plaas die spekstrokies op 'n snyplank met die rand van die spek wat mekaar oorvleuel.
- Versier die spek met die heuning en balsamiese asyn. Voeg roosmaryn by.
- Plaas die filet bo-op die spek.
- Draai die spek rondom die filet.
- Plaas die filet op 'n medium hitte vuur en rooster tot die spek bros is aan die buitekant.
- Haal die filet van die vuur af en geniet!
Surreylaan 348
Randburg
Gauteng
Suid-Afrika
E-posadres:
oordedigitaal@atkv.org.za
Besprekings:
+27(011) 919 9092