Cola Wings
Bestanddele:
- 12 Hoender Vlerkies
- 2 Knoffelhuisies, gekap
- 1 teelêpel sout
- 2 teelêpels uie vlokkies.
- 1 liter Cola
- 2 Eetlêpels bruin suiker
- ½ koppie Sojasous
Metode:
- Plaas die knoffel in ’n pan op hoë hitte en laat dit bruin word.
- Voeg die uie vlokkies by.
- Gooi die cola in ’n pan en voeg al die ander bestanddele by.
- Kook vir 30 minute of totdat die mengsel dik is.
- Verwyder van die vuur af en sit eenkant om af te koel. Die marinade sal dikker word soos dit afkoel.
- Wanneer die marinade afgekoel het, gooi dit bo oor die hoender vlerkies.
- Marineer vir ’n minimum van 30 minute.
- Braai die hoeder vlerkies totdat dit gaar is.
- Geniet!
Surreylaan 348
Randburg
Gauteng
Suid-Afrika
E-posadres:
oordedigitaal@atkv.org.za
Besprekings:
+27(011) 919 9092