Skip to the content

Die Top60 van die “Maak My 'n Miljoenêr“ kompetisie is hier! ATKV Oorde ondersteun hierdie jaar die "Maak My 'n Miljoenêr" Entrepreneur van die Jaar-kompetisie. Ons ondersteun hoërskool entrepreneurs deur hulle aan te moedig om vroeg in hul lewe besighede te begin.

Die “Maak My 'n Miljoenêr“ Entrepreneur van die Jaar kompetisie, wat ook op ViaTV uitgesaai word, is ‘n landswye hoërskool entrepreneur kompetisie met ‘n tweeledige doel:

  • Bewusmaking van entrepreneurskap onder die jeug van Suid-Afrika
  • Om jong hoërskool entrepreneurs te vind, te bemagtig met entrepreneur vaardighede en dan te mentor om hierdie hoërskool leerders miljoenêrs te maak

Die “Maak My ‘n Miljoenêr” Entrepreneur van die Jaar kompetisie is ‘n inisiatief vanaf Albert van Wyk in samewerking met ATKV Oorde. Die doel van hierdie kompetisie is om entrepreneurskap te bevorder en hoërskool entrepreneurs te bemagtig in Suid-Afrika.

Vroeër vanjaar het Albert van Wyk en sy span 51 hoërskole besoek en meer as 55 000 leerders toegespreek. Die Top60 is nou gekies uit 125 entrepreneur inskrywings vir die “Maak My 'n Miljoenêr“ Entrepreneur van die Jaar-kompetisie. Met hierdie skoolbesoeke word hoërskool leereders aangemoedig om vroeg in hul lewe besighede te begin. Albert het self sy eerste miljoen gemaak op die ouderdom van 22. Hy deel nou sy storie met die leerders by elkeen van die skool praatjies om die leerders te motiveer om dieselfde te kan doen.

Shaniqua Steenkamp die 2023 wenner, en Matthew Blauw die 2022 wenner dien dan nou saam met Albert as mentors vir die volgende generasie van Suid-Afrikaanse entrepreneurs wat deelneem aan die "Maak My ʼn Miljoenêr" kompetisie. Die Top60 van die "Maak My 'n Miljoenêr" kompetisie kry nou die geleentheid om entrepreneuriese werkswinkels by te woon en hier sterk netwerke te bou.

Hierdie werkswinkels word persoonlik deur Albert van Wyk, Shaniqua Steenkamp en Matthew Blauw aangebied. Gedurende hierdie sessies het die "Maak My 'n Miljoenêr" span 'n volle 8 ure spandeer om besigheidsvaardighede en entrepreneuriese wenke aan die jong hoërskool entrepreneurs oor te dra wat hulle dan kan implementeer in hulle besighede vir die kompetisie.

Daar is nog 3 werkswinkels oor voor die jong entrepreneurs die Brandbank gaan aandurf waar hulle hul staal gaan moet wys. Die Brandbank is ‘n fiesiese rooi bank waar elke entrepreneur ondervra gaan word deur n paneel beoordelaars om te toets of die hoërskool entrepreneurs hul besighede goed genoeg ken.

Na die Brandbank sessies word die Top30 gekies wat dan gaan deelneem aan regte wêreld besigheids-uitdagings. Hierdie Uitdagings-rondte dien as ʼn eliminerings-rondte om die Top30 te kies. Een van die Uitdagings word van jaar by een van ons ATKV oorde gehou waar die Top30 ʼn regte wêreld uitdaging moet aanpak. Die finale byeenkoms is ʼn statige Gala-aand waar die wenner bekend gemaak gaan word. Die wenner van die “Maak My ‘n Miljoenêr” Entrepreneur van die Jaar kompetisie en ViaTV Reeks wen dan die “Maak My ‘n Miljoenêr” trofee, R30 000 kontant saam met n verskeidenheid van pryse vanaf ons borge en dan natuurlik‘n jaar mentorskap program saam met Albert van Wyk.

Die wenner word gekies gebasseer op die punte wat die entrepreneur bymekaar maak tydens die Brandbank sessies, die besigheids-uitdagings en sy/haar finasiële state wat winste, omset en groei van die besigheid wys.

Ons is opgewonde om te sien hoe hierdie hoërskool entrerpeneurs gaan vaar en gaan groei in die hierdie seisoen van die “Maak My ‘n Miljoenêr” Entrepreneur van die Jaar kompetisie en ViaTV Reeks. ATKV Oorde is positief oor die bevordering van entrepreneurskap in SA en poog om 'n positiewe impak vir ons land se entrepreneurs te maak. Volg ons om op hoogte te bly met die Maak my ʼn Miljoenêr Entrepreneur van die jaar kompetisie.

Vir meer inligting oor die kompetisie, besoek https://www.maakmynmiljoener.co.za/ of kyk na verlede jaar se reeks op www.youtube.com/@maakmynmiljoener. Hierdie jaar se reeks sal ook op ViaTv kanaal 147 uitgesaai word op Woensdae aande om 19:30 vanaf 28 Augustus 2024.

ATKV-Oorde

Surreylaan 348
Randburg
Gauteng
Suid-Afrika

E-posadres: 
oordedigitaal@atkv.org.za
Besprekings: 
+27(011) 919 9092