ATKV-Drakensville
Skouspelagtige Drakensberge
Net ’n rapsie meer as drie uur se ry van Johannesburg en Bloemfontein en sowat twee en ’n halfuur van Durban af, lê ATKV-Drakensville naby die voetheuwels van die Drakensberg-amfiteater, ’n Wêrelderfenisgebied.
ATKV-Drakensville, ’n mekka van asemrowende uitsigte, word omring deur historiese bakens en bied toegang tot talle toeriste-aantreklikhede in die omgewing.
Die oord het verskeie soorte akkommodasie, avontuuraktiwiteite, ontspanningsgeriewe, ’n restaurant, kitskos-, koffie- en geskenkwinkel.
Drakensville is perfek vir jou sprokiestroue, 'n suksesvolle konferensie of ‘n uitmuntende spanbouprogram!
ATKV-Drakensville is die provinsiale Lilizela-wenner in die Karavaan-en-Kamperingafdeling (3-ster).