ATKV-Eiland Spa
Toevlugsoord in Limpopo
Op die suidelike oewer van die Letabarivier slegs 68 km oos van Tzaneen in die Limpopoprovinsie, lê ATKV-Eiland Spa in die hartjie van die Hans Merensky-natuurreservaat.
Eiland Spa spog heeljaar met warm, sonnige weer en saam met die uiteenlopende natuurskoon is hierdie oord een van die gewildstes in Suid-Afrika. Met ’n verskeidenheid selfsorgakkommodasie, ontspanningsgeriewe en -aktiwiteite, restaurant, asook ’n helende hidrospa is ATKV-Eiland Spa net die plek vir die hele gesin om te kom ontspan.
Die rustige kalmte en vreedsame stilte van die omgewing skep die ideale atmosfeer vir positiewe en verbeeldingryke besigheidsbeplanning en spanbou.