ATKV-Hartenbos
Jou tuiste langs die tuinroete!
ATKV-Hartenbos lê op die wêreldbekende Tuinroete tussen Kaapstad en Port Elizabeth, ongeveer 8 km van Mosselbaai en 40 km van die George-lughawe.
Sakpas-gesinsvakansies by die see is moontlik met ATKV-Hartenbos se verskillende soorte akkommodasie waar jy per eenheid betaal en nie per persoon nie. Voeg hierby ’n magdom aktiwiteite en ontspanningsgeriewe, ’n restaurant, kitskosafdeling en geriefswinkel en jy het alles wat jou hart begeer. Hartenbos is ook die ideale basis vanwaar mens jou vakansie verder kan inkleur met besoeke aan talle toeriste-aantreklikhede in die omgewing.
ATKV-Hartenbos is 'n semifinalis van die AA Travel Guide/American Express-akkommodasietoekennings in die kategorie: Groot selfsorgoorde in Suid-Afrika.