Troues

'n Bruilof is nie net die kerkdiens en die onthaal daarna nie. Dit moet 'n ervaring wees wat jou gaste 'n leeftyd sal bybly. En wat kan dan beter wees as 'n bestemmingsbruilof? Geleë in die mees asemrowende streke in ons land en omring deur kulturele en historiese besienswaardighede, is die ATKV-oorde die perfekte plek vir die bruilof van jou drome. 

ATKV-Drakensville

Jou droomtroue in die Drakensberge

Sprokiestroues word 'n werklikheid by ATKV-Drakensville. Die pragtige sandsteenkapel met sy asemrowende uitsig oor die vallei is die perfekte plek om ewige troue beloof, en die ongeëwendaarde skoonheid van die Drakensberg maak 'n meesterstuk van elke foto. Die onthaal fasiliteite en smullekker disse sal verseker dat die vreugdesvure tot laat in die nag brand.

ATKV-Goudini Spa

Beleef die tintelende betowering van ’n Bolandse troue ...

Omring deur skouspelagtige berge en pragtige wingerde, met alles van weeldeverblyf tot watertandetes. Ons almal – personeel en diensverskaffers – is gereed om jul mooiste dag, van beplanning tot uitvoering, seepglad te laat verloop, met ’n enkele doel voor oë: dat julle sal terugsit, ontspan en die begin van jul lewensreis saam geniet.

ATKV Klein-Kariba

Kom hou bruilof-inni-bos

Dink aan een van die mooiste klowe in die Waterberge, omring deur groen bome, waterstrome en Bosveld-voëls. Julle is op pad na ‘n pragtige klipkapel vir jul mooiste dag. Ná die seremonie bederf ons restaurant die gaste met die keurigste spyseniering in een van ons pragtige onthaalsale.