Skip to the content

Opwindende nuus: ATKV Goudini-Spa is oop vir besprekings

Beste ATKV-gas

Dit is met groot opwinding dat die ATKV-bestuur die volgende inligting meedeel. ATKV-Goudini Spa is oop vir besprekings. Skakel gerus die oord by 023 349 8100 of bespreek aanlyn by https://www.atkvoorde.co.za/bespreek/.

Die oordpersoneel verlang na die geure van die braaivleisvure, kinders op hul fietse, roomys om die swembad en melkskommels in die Koswerf Restaurant, en sien daarna uit om julle binnekort weer op die oord te verwelkom. Ons sien daarna uit om elke gas weer met ope arms – of eerder met ʼn elmbooggroet – op die oord te verwelkom, en wil graag die volgende veranderinge onder julle aandag bring, sodat julle weet wat om te verwag wanneer julle ons besoek. 

  1. Wanneer ons u op die oord verwelkom, sal ons personeel ten alle tye hul maskers/gesigskerms dra en hulle hande ontsmet.
  2. Elke besoeker (dus alle individue in ʼn gesin/groep) sal gevra word om ʼn COVID-19-vraelys te voltooi en om hul temperatuur te laat neem voordat hulle by ontvangs mag registreer.
  3. Alle kredietkaartmasjiene word voor en na elke gebruik met 'n alkoholgebaseerde ontsmettingsmiddel met 'n alkoholinhoud van minstens 70%, ontsmet.
  4. ʼn Afstand van minstens 1.5 m word gehandhaaf en sosiale tussenruimtes word aangedui.
  5. Om gesondheiddoeleindes sal u sien dat onnodige items, soos strooikussings ens., uit die eenheid verwyder is.
  6. Skoonmaakdienste vir die eenhede, buiten voor aankoms en na vertrek, word vir die res van 2020 nie meer ingesluit nie. Gaste wat die diens verlang (skottelgoed en vloere was, badkamers/kombuise skoonmaak), moet tydens bespreking aandui dat hulle die diens benodig, waarvoor ʼn bykomende fooi gehef sal word. Ons sal altyd u braaiplek, kaggel (waar van toepassing) en die vullisdromme buite skoonmaak.
  7. Eenhede sal gereeld tussen aankomste met higiëniese middels berook word, en sal vir gebruik roteer word, sodat die moontlikheid vir infeksies verminder kan word en om kans te gee vir die beroking om behoorlik gedoen te word. (ʼn Gesondheidsertifikaat sal vir elke eenheid deur die verskaffer uitgereik word.) 

Eenhede:

Besprekings word beperk tot ʼn besetting van 40% gedurende die infasseringsperiode, om sosiale tussenruimtes te kan handhaaf.

Fasiliteite:

Die volgende fasiliteite sal oop wees:

  1. Minigholf: Slegs 'n beperkte aantal spelers sal per sessie toegelaat word.
  2. Wipmatte: Slegs een persoon per mat in sessies van 15 minute.
  3. Onderdak binnenshuise swembad: Slegs 45 minute per sessie en 30 minute vir ontsmetting.
  4. Buitenste swembaddens: Slegs ʼn beperkte aantal persone toegelaat, sodat sosiale tussenruimtes behou kan word.

Neem asseblief kennis dat die volgende fasiliteite ongelukkig gesluit sal bly en eers sal heropen wanneer die voorgeskrewe reëls verander: 

  1. Glybaan
  2. Borrelbad
  3. Speletjieskamer
  4. Dagbesoeke is gesluit en geen besoekers aan gaste word toegelaat nie.  

Terwyl ons geleidelik oopmaak, wil ons elke gas daaraan herinner dat elke landburger en persoon op een of ander manier geraak is deur hierdie pandemie. Ons oorde het vir maande lank leeg en stil gestaan en personeel het getrou by die huis gebly, soos deur die regulasies bepaal. 

Dit is immers ons pleit dat elke gas geduldig sal wees met die infasseringsperiode en die verantwoordelikheid sal opneem om na hul eie en hul familie se gesondheid, die gesondheid van die personeel en die ander gaste sal omsien deur die regulasies, soos deur die bestuur uiteengesit, sal nakom. Lees gerus meer oor ATKV-oorde se gesondheids- en veiligheidsprotokolle: https://www.atkvoorde.co.za/covid-19-protokol/

Ons waardeer u geduld en verwelkom ook u mening. Ons sal steeds met die “nuwe normaal” streef om te verseker dat elke gas wat ons oord besoek sy/haar vakansie ten volle geniet en lekker by ATKV-Goudini Spa ontspan. Ons wag op u aankoms.