Skip to the content

DOZI SE DIS HOEKOM KRY ’N MUSIEKVIDEO


Die musiekvideo van Dozi se nuutste enkelsnit, wat gaan oor plekname wat verander en die verwarring wat dit veroorsaak, is pas vrygestel en is net so lig en humoristies soos die liedjie waarop die gebaseer is. 

DIS HOEKOM, die derde vrystelling vanaf sy negentiende album – Vrede, is deur Dozi, Kappie Kapp en Stef Kruger geskryf en vervaardig deur Dozi, Mauritz Lotz en Tertius Human. “Dit is ’n ligte, humoristiese liedjie wat gaan oor die dinge wat ons almal eintlik kwaad maak. Ek dink mense kan deel in die humor omdat dit so van toepassing is op die huidige omstandighede in ons land”, verduidelik hy oor die lied.

Wian van der Walt en Dean Deysel van Vonk Musiek het die produksie van die video behartig, wat hoofsaaklik op verskillende plekke op Dozi se plaas en by ’n kruising in Hartbeespoortdam verfilm is. “Dozi was die kreatiewe brein agter die konsep van die video wat as twee stories aangebied word,” verduidelik Wian. “In die eerste een is Dozi en ’n busdrywer besig om te ry, maar hulle verdwaal omdat al die name verander word. Storie twee wys ’n dogtertjie wat agterin ’n bussie sit en vertel dat sy en haar pa by haar ma woon.”   

Volgens hom, was die idee om ’n grappige video aanmekaar te sit om te pas by die idee wat Dozi vir die liedjie en video in gedagte gehad het.

Kyk die video hier: https://youtu.be/MjpH1Do_kcU

Dozi is een van die mees geliefde Afrikaanse musikante in die bedryf met ’n indrukwekkende lys treffers op sy kerfstok. DIS HOEKOM volg in die suksesvolle voetspore van Partykeer Somtyds en Ek wil vir jou sê wat beide steeds oor die radio gehoor kan word.

Buiten vir sy musiek, hou dié sanger homself ook besig met bemagtigingsprojekte in informele nedersettings en beplan hy om ’n klipkerk vir troues en ’n musiekskool vir aspirante musikante op sy plaas op te rig. “Ons moet almal begin saamwerk en mekaar help om te oorleef. Ek wil ’n plek nalaat waar mense kan vrede vind en waarheen passievolle musikante kan kom om meer te leer en betrokke te raak by ons projekte,” sluit hy af. 


DIS HOEKOM is beskikbaar op alle digitale platforms.
 
Laai die liedjie hier af: https://lnk.to/47YsMkvf


SOSIALEMEDIASKAKELS:
 
Facebook: https://www.facebook.com/Dozifanpage/
Instagram: @doziopperman


PUBLISITEIT EN BEMARKING:

STARBURST PROMOSIES
Gizela Arndt
Sel: 083 399 6869
E-pos: gizela@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za

ATKV-Oorde

Surreylaan 348
Randburg
Gauteng
Suid-Afrika

E-posadres: 
oordedigitaal@atkv.org.za
Besprekings: 
+27(011) 919 9092